in the news

back to news main page

VERPLEËR HET GLO 13-JARIGE MEISIE IN SY CAR VERKRAG   -   Antoinette Pienaar

Beeld 8 JULIE 2004

'n Verpleër in die Rob Ferreira hospitaal in Mpumalanga gaan dalk van die verpleegsters rol geskrap word omdat hy glo 'n 13-jarige meisie in sy motor verkrag het.

Die skraal meisie van 'n woongebied naby Nelspruit was 'n maagd tot die voorval in September verlede jaar. Sy het daarna antiretrovirale behandeling gekry enontvang steeds berading by die Greater Nelspruit Rape Intervention Project (Grip).


Die 39-jarige man is gister deur 'n tugkomitee van die Verpleegstersraad skuldig bevind aan onsedelike aanranding.

Die komitee se aanbeveling dat hy van die verpleegstersrol geskrap word, word nou aan die Raad voorgelê om bekragtig te word.

Hy is vroeër okk strafregtelik aangekla en verskyn weer op 18 Augestus in die Nelspruitse streekhof.

Die meisie het vandeesweek agter gesloote deure getuig dat sy dié dag 'n buitepasient was by Rob Ferreira nadat sy anngerand is deur 'n seun by haar skool.

Die verpleër het dié aand glo aangebied om haar huis toe te neem.
Hy het haar glo in sy motor verkrag en daarna by die sorgsentrum waar sy en haar gesin woon, afgelaai.

Luidens 'n doktorsverslag wat aan die tugkomitee voorgelê is, het sy beserings aan haar geslagsdele opgedoen.

Die verpleër het in sy getuinis volgehou hy het die meisie nooit tevore gesien of opgelaai nie.

Mnr. Sipho Sekete van Grip het gister gesê die meisie gaan sedert die voorval nie meer skool nie, omdat haar maats daarvan weet.

Print
Print this article
click here