in the news

back to news main page

Manana

Beeld 11 MARCH 2003

Skaars 'n week gelede het Mpumalanga se LUR vir gesondheid, me. Sibongile Manana, haar uitgerekte hofsaak teen die Greater Nelspruit Rape Intervention Project (Grip) laat vaar.

Vandeesweek is dr. Thys von Mollendorff, wat afgedank is omdat hy as superintendent van die Rob Ferrereira-hospitaal in Nelspruit toegelaat het dat Grip slagoffers in die hospitaal behandel, meegedeel dat alle klagtes teen hom teruggetrek is.

Mpumalanga se gesondheidsdepartement wou Grip uit die hospitaal skop en het Von Mollendorf afgedank omdat hy Grip sonder die departement se toestemming toegelaat het om in 'n vertrek in die hospitaal te werk.

Die uitgerekte regstryd teen Grip en optrede teen Von Mollendorff het sowat twee jaar geduur en derduisende rande gekos - en al wat Grip gedoen het, was om slagoffers van seksuele aanranding gratis behulpsaam te wees en teen MIV/vigs-besmetting te behandel.

Die probleme met Grip het begin voor dit regeringsbeleid was om antiretrovirale middels aan verkragtingslagoffers voor te skryf.

Von Mollendorf sê hy wil nie sy hospitaal-werk hervat nie omdat die departement nie pasiënt-vriendelik is nie. Hy sal weer dink as daar 'n verandering intree.

Manana as LUR vir gesondheid is die een met die finale verantwoordelikheid vir dié ondeurdagte optrede oor twee jaar.

Sy behoort te bedank as 'n eerste stap sodat toegewyde dokters soos Von Mollendorff weer in die departement betrokke kan raak.

Die burgers van Mpumalanga verdien goeie mediese strukture wat hul belange voorop stel en nie 'n LUR wat die gesondheidsdiens aftakel nie.

Print
Print this article
click here